609. U is verlos met kosbare bloed van Christus.(1 Peter 1:18-19)
(Hebrews 9:12, John 1:29, 1 Timothy 2:6, Galatians 3:13, Romans 3:24, Ephesians 1:7, Revelation 5:9)

1 Peter 1:18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,
19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos,

Hebrews 9:12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring.

John 1:29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

1 Timothy 2:6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,

Galatians 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word–want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang–

Romans 3:24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Ephesians 1:7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,

Revelation 5:9 Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,