629. Die Here is nie bereid dat iemand vergaan nie, maar dat almal tot bekering kan kom. (2 Peter 3:9)
(Ezekiel 18:23, Ezekiel 18:32, Ezekiel 33:11, 1 Timothy 2:4)

2 Peter 3:9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Ezekiel 18:23 Het Ek dan miskien ‘n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here HERE. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?

Ezekiel 18:32 Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe.

Ezekiel 33:11 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?

1 Timothy 2:4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.