1028. Almal word in sonde gebore.(Job 14:1-4)
Psalms 51:5, Romans 3:23, Romans 5:12, Ephesians 2:1-3

Alle mense word in sonde gebore.(Job 14:1-4, Psalms 51:5)

Job 14:1 Die mens uit ‘n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.
2 Hy spruit uit soos ‘n blom en verwelk; ook vlug hy soos ‘n skaduwee en hou nie stand nie.
3 En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.
4 Ag, kon maar ‘n reine voortkom uit ‘n onreine–nie een nie!

Psalms 51:5 Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.

Almal is ‘n sondaar en pleeg sondes.(Romans 3:23, Romans 5:12, Ephesians 2:1-3)

Romans 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

Romans 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het

Ephesians 2:1 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes
2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,
3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.